top of page
Jansen Banner.png

SPORT

Die totale ontwikkeling van ons leerders...

 

Sport is 'n emosionele, geestelike en fisiese avontuur. 'n Mens kry die geleentheid om te leer waaruit jy gemaak is en om vas te stel of jy 'n spanspeler is of nie. Om te leer hoe om as deel van 'n span te funksioneer, is een van die belangrikste voordele van sport. Spanwerk behels om 'n betroubare spanmaat te wees en ook te leer om op jou spanmaats staat te maak. Spanwerk maak 'n mens aanspreeklik en daag jou uit om verantwoordelik te wees vir jou optrede op en van die veld af. As deel van 'n span kan jy sosiale vaardighede leer en gee 'n mens die geleentheid om 'n leier te wees.

 

Ons glo in die totale ontwikkeling van ons leerders – intellektueel, geestelik en fisiek.

Ons glo dat waardes soos entoesiasme, integriteit, verantwoordelkheid en regverdigheid, wat leerders in hul persoonlike lewens behoort na te streef, ook op die sportvelde vasgelê kan word.​

Reghardt Botha - Sportdirekteur:

Kort Geskiedenis:


Reghardt was 12 jaar betrokke by E.G. Jansen voordat hy vir 2 jaar by Hoërskool Menlopark aangesluit het. Reghardt is ook afrigter vir die Tuks eerstespan en het vir 10 jaar die Brakpan Rugbyklub se eerstespan afgerig. Hy was ook vir 3 jaar betrokke as afrigter by die Cravenweek.

 

Reghardt glo in E.G. Jansen. "Dit is 'n "great" skool! Ek wil weer help om die tradisie en trots van die skool uit te bou."

Direkteur - SPORT

Mnr. R. Botha

Please reload

bottom of page