OORSIG
Sedert ons stigting in 1955, bied Die Hoërskool Dr. E. G. Jansen ‘n koesterende en innoverende omgewing vir leerlders om beleefde, vrymoedige burgers en besorgde, begeesterde leiers te word. ‘n Skoolloopbaan by Jansen weerspieël altyd die vertroue wat ons in ons leerders se vermoëns het. Ons as leerkragte se roeping is om hulle vir die uitdagings van die toekoms voor te berei. Ons baan voortdurend nuwe weë vir ons leerders om opwindende leergeleenthede te ondersoek. Dit stel hulle in staat om volronde individue te word wat in hulself, en wat die toekoms hulle mag bied, glo.
By Jansen is daar ‘n gesonde klem op beide kurrikulêre en buite-kurrikulêre programme. Om ons leerders te ontwikkel om uitstaande en gebalanseerde individue te word, volg ons ‘n leerder-gesentreerde benadering, integreer ons hoë-orde denkvaardighede en bied ons vele geleenthede vir leerders om deur samewerking te leer.
Besoek ons gerus en ervaar die Jansenleerervaring wat leerders bemagtig om hulle potensiaal as volwassenes en leiers van môre te bereik. Ons nooi jou met vrymoedigheid om deel te word van hierdie opwindende ervaring.
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.
VISIE
By die Hoërskool Dr. E.G. Jansen glo ons die skool is gebou op die voorskrifte van die woord van God en probeer ons dag na dag daarvolgens leef. Ons skool het ‘n Christelike karakter waar energieke, gelukkige jongmense gevorm word om die uitdagings van die lewe in suksesse te omskep.
MISSIE
E.G. Jansen bied 'n indrukwekkende verskeidenheid fasiliteite vir ons leerders. Dit sluit in Le Petit Chef Restaurant en Hotelskool vir Kulinêre ontwikkeling, vier toegeruste rekenaarsentrums, en vier wetenskaplaboratoriums vir eksperimente. Ons het ook 53 klaskamers met dataprojektors, 16 klaskamers met elektroniese witbordtegnologie, 'n hoofveld met spreiligte vir atletiek en rugby, 'n mini-kunsgrashokkiebaan, 6 netbalbane en vele meer. Daar is selfs jukskeibane, 'n buitelug-skaakbord, tennisbane, en 'n sportgimnasium met 'n hoë prestasie-afdeling.
Ons skool bied 'n volledige ervaring vir akademiese groei en sportlike ontwikkeling.
SKOOLFASILITEITE
Freek Erasmus
Waarnemende Hoof
Vervoer, Sport, Dissipline, Bemarking en Fondsinsameling
Craig Smith
Adjunkhoof, Akademie, Kultuur, Infrastruktuur, Personeel
TOPBESTUUR
K. Strydom
Afrikaans
E. Keyser
Engels
E. Aucamp
Wiskunde
A. de Beer
Wetenskappe
N. Groenewald
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
W. van Niekerk
Tegniese Vakke
A. van Niekerk
Inligtings Tegnologie
Rekenaartoepassings-tegnologie,Sosiale Wetenskappe
DEPARTEMENTSHOOFDE
E. Pelser
Visuele- en Dramatiese Kunste
S. Lubbe
Gasvryheid-, Toerisme- en Verbruikerstudies
E. Els
(Waarnemend)
Lewensorientering
ADISSIONELE VAKHOOFDE
T. Liebenberg
Hoof van Finansies
A. Scholtz
Kassiere
E. Visagie
Debiteure
S. Dreyer
Hoof se sekretaresse
A. Els
Algemene Ontvangs
D. Els
Punte en Plasings