REGISTRASIEVORMS
HIERDIE IS HOE ONS REGISTREER
GRAAD 8 REGISTRASIE VIR 2025
Hiermee die inskrywingsproses
-
Sodra die webblad oopmaak, moet u aanlyn op die Departement se webblad by (www.gdeadmissions.gov.za) aansoek doen;
-
U gaan onmiddellik ‘n SMS van die Departement met ‘n Hoërskool Dr. E.G. Jansen verwysingsnommer, ontvang;
-
Bring hierdie verwysingsnommer, asook die dokumentasie soos hieronder gemeld, binne 7 dae na Hoërskool Dr. E.G. Jansen. Die Ontvangskantoor sal u ‘n inskrywingsboekie gee wat volledig ingevul moet word.
-
Die Departement sal die goedgekeurde lys aan die skool stuur.
-
Slegs leerlinge wie se voorafgenoemde dokumentasie volledig en in ons besit is, mag deur ons goedgekeur word.
-
Hierdie aanlyngoedkeuring word aan die Departement teruggestuur;
-
Die Departement stuur ‘n SMS aan die ouer;
-
Die ouer aanvaar/aanvaar nie die aanbod aanlyn;
-
Die skool ontvang ‘n finale lys van geplaasde leerlinge en
-
Die skool mag dan eers die ouers kontak.
DOKUMENTASIE BENODIG VIR INSKRYWING
1. ‘n Water-en ligte rekening, nie ouer as 3 maande nie
2. ‘n Afskrif van Vader/Voog se ID
3. ‘n Afskrif van Moeder/Voog se ID
4. ‘n Afskrif van leerling se ID/geboortesertifikaat en
5. ‘n Afskrif van u kind se nuutste gr. 7- rapport van sy/haar laerskool.
Indien u nie die tyd het om die skool te besoek nie, laai die inskrywingsdokument af en e-pos dit aan: bemarking@egjansen.co.za.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS:
Ons is NIE ‘n dubbelmedium skool NIE – ons aanvaar SLEGS Afrikaans Huistaalleerlinge.
Indien u meer as 1 skool by u keuse aandui, is daar ‘n probleem met die SMS.
Indien moontlik, kies net 1 skool om verwarring by die Departement te voorkom.
Ons kan slegs u kind aanvaar indien die nodige bogenoemde dokumentasie in ons besit is.
GRAAD 9-11 REGISTRASIE VIR 2025
Registrasie van nuwe leerlinge
-
Ouers wat inbel of instap word verwittig van die nodige dokumentasie wat ingebring moet word om ‘n afspraak by die hoof te kry.
-
Sodra die dokumentasie reg is, kan ‘n afspraak by die hoof se sekretaresse gemaak word.
Eerste besoek aan die skool:
-
Ouers handig die dokumentasie by die ontvangsdames in en hulle teken dit aan.
-
Die dokumente en afgemerkte lys gaan saam na die hoof toe.
-
Die hoof voer ‘n onderhoud met die ouers.
-
Die dokumente gaan terug na Ontvangs waar dit veilig gehou word.
-
Alle nuwe leerlinge word op ‘n waglys geplaas.
-
Ouers kan by ontvangs wag terwyl bevestiging verkry word dat hul dokumentasie in orde is.
-
Die inskrywingsboekie word aan aansoekers gegee.
Tweede besoek van ouers:
-
Sodra die boekie voltooi is en na die skool teruggebring word, sal die dokumente deur die ontvangsdames in die boekie geplaas. word.
-
Die ouers gaan dan na Finansies toe.
-
Indien finansies tevrede is met die volledigheid van die boekie, kry die ouers ‘n rooster vir die leerling by Ontvangs.
DOKUMENTASIE BENODIG VIR INSKRYWING
1. ‘n Water-en ligte rekening nie ouer as 3 maande nie.
2. ‘n Afskrif van Vader/Voog se ID.
3. ‘n Afskrif van Moeder/Voog se ID.
4. ‘n Afskrif van leerling se ID/geboortesertifikaat.
5. ‘n Afskrif van die leerder se nuutste rapport.