top of page

ATLETIEK

Kompetisie is goed vir jou!

Atletiek is 'n versameling sportaktiwiteite wat mededingende hardloop, spring, gooi en loop insluit. Die klem val hier op die woord mededingend, of kompeterend.  Atletiek dwing jou om jou beste te gee. Jy is heeltyd gefokus om te verbeter, om sterker te word, om aan te hou en om eerste te kom. Dit is belangrike eienskappe vir jou lewenspad vorentoe.​ Om te wen, is natuurlik nie alles nie, maar die strewe na 'n beter weergawe van jouself is waarmee E.G. Jansen se atletiek jou wil help. 

RUGBY

Elke speler stel 'n voorbeeld...

Rudi was vir 12 jaar betrokke by Glenwood High School en daarna vir 2 jaar by Pretoria Boys High. Hy was verder ook betrokke by die Sharks O/21-span se afrigting en is tans betrokke by TUKS se eerstespan afritgting. Hy het ook vir 3 jaar lank afrigting gegee vir die Sharks Cravenweek spelers.

NETBAL

Ons is 'n span

Die spel van netbal laat nie toe dat enige individuele speler onafhanklik funksioneer nie. Dis dan ook 'n grondbeginsel van E.G. Jansen se netbal. Elke netbalspan moet saamwerk om aan te val en te verdedig. Netbal by E.G. Jansen leer jou nie net vaardigehede soos koördinasie, om te fokus, deursettingsvermoë en die ontwikkeling van jou strategiese denkvermoë nie, maar dit fokus ook daarop om jou te laat presteer op ander terreine van jou lewe. 

KRIEKET

Individuele spansport...

Soos rugby en hokkie is krieket 'n spansport, maar op n ander manier. Hier is individuele vertonings - kolfwerk en boulwerk en soms ook veldwerk - van kardinale belang en 'n span se oorwinning of nederlaag kan bepaal word deur slegs een speler.​ Juis om dié rede leer krieket jou om as 'n span mekaar te motiveer. Jy is net so goed soos wat jou spanmaat is. Is hy af die dag, dan is jou span af.  Krieket gaan oor die saamspeel van individue, en die geheim van 'n goeie wedstryd is om jouself te geniet, terwyl jy jouself druk tot beter hoogtes sonder om te vergeet dat jy deel is van 'n span.

HOKKIE

Passievol oor hokkie

Hokkie is een van die fisies veeleisende sportsoorte. Spelers dek groter afstande oor 'n korter tydperk in vergelyking met die meeste ander spansporte. Hokkiespelers moet fiks, vinnig, sterk, kragtig en beweeglik wees. Hokkie is ook nie so maklik soos dit lyk nie. Die meeste ander sportsoorte het net 'n bal, maar die gebruik van 'n stok verg 'n hoër vlak van vaardigheid en koördinasie. Hokkie is die 3de gewildste sportsoort ter wêreld, naas sokker en krieket.  Ware hokkie-aanhangers bly by die sport uit suiwer passie en liefde vir die spel, en dis hoe E.G. Jansen voel oor hokkie...ons is DOL OOR HOKKIE!

SKAAK

Skaak ontwikkel jou breinspiere...

Die speel van die spel van skaak op 'n gereelde basis kan lei tot buitengewone geheue vaardighede. Skaak help ook om die konsentrasie en akademiese prestasies van leerders te verbeter. Verder help dit om Alzheimer te voorkom, dit oefen albei kante van die brein en verhoog kreatiwiteit.​ Juis daarom het E.G. Jansen 'n baie sterk skaakspan . Ons is dan ook gereeld deel van die finale distrikkampioenskappe.

TENNIS

Tennis kan jou beroep word...

Roger Federer is die voorloper van alle manstennisspelers in terme van die hoogste loopbaanprysgeld. Hy het op 28 Augustus 2017, $ 107,780,560 (R1,439,781,306) Amerikaanse dollar verdien. Tennis kan 'n baie belowende beroep wees. Om vir die skool te speel, gee jou die geleentheid om jou tennis na 'n volgende vlak te neem. Probeer skooltenniskompetisies as 'n pad na sukses.

PERDRY

Eienskappe wat jy nodig gaan hê om suksesvol te kan wees in perdry:

Die twaalf eienskappe en vaardighede wat 'n goeie ruiter nodig het, is geduld, volharding, empatie,  'n honger na kennis en 'n begeerte vir selfverbetering. Jy moet ook weet wanneer om te laat gaan, die vermoë hê om logies te kan dink, doeltreffend te funksioneer, 'n hoë weerstand teen stres ontwikkel, die vermoë hê om talent raak te sien en laastens is vasberadenheid en nederigheid 'n vereiste. Hierdie eienskappe sal jou in staat stel om jou vermoëns optimaal te benut. Jy sal ook leer om in  harmonie met jou perd te funksioneer.​​ E.G. Jansen ondersteun nie net perdry as 'n sport nie, maar ook elkeen van die eienskappe wat nodig is om hierdie sport suksesvol te kan beoefen. 

LANDLOOP

Landloop verbeter jou bui

Afgesien van die gesondheidsvoordele wat landloop jou kan bied, kan hardloop jou selfvertroue bou, jou stres verlig en selfs depressie elimineer. Binne slegs 'n paar minute se draf begin die brein endorfiene vrystel wat op 'n natuurlike wyse jou bui verbeter. Hardlopers word dus fikser en gelukkiger... hierdie foto's sê dit alles:

JANSIE SPORT

SPORT IS 'N EMOSIONELE, GEESTELIKE EN FISIESE AVONTUUR

Sport is 'n emosionele, geestelike en fisiese avontuur. 'n Mens kry die geleentheid om te leer waaruit jy gemaak is en om vas te stel of jy 'n spanspeler is of nie. Om te leer hoe om as deel van 'n span te funksioneer, is een van die belangrikste voordele van sport. Spanwerk behels om 'n betroubare spanmaat te wees en ook te leer om op jou spanmaats staat te maak. Spanwerk maak 'n mens aanspreeklik en daag jou uit om verantwoordelik te wees vir jou optrede op en van die veld af. 

Copy of Personeel _ Staff , BOTHA , R_ Export Staff(1).jpg

R. Botha

Hoof van Sport, Atletiek

Personeel _ Staff , TOP , H_ Export Staff(1).jpg

H. Top

Fietsrydirekteur

Personeel _ Staff , THIART , E_ Export Staff(1).jpg

E. Thiart

Hokkiedirekteur

Personeel _ Staff , NEL , P.A_ Export Staff(1).jpg

A. Nel

Krieketdirekteur

Personeel _ Staff , GELDENHUYS , M_ Export Staff(1).jpg

M. Geldenhuys

Netbaldirekteur

Personeel _ Staff , JOUBERT , S_ Export Staff(1).jpg

S. Joubert

Perdrydirekteur

M. Kasselman

Atletiek-organiseerder

Personeel _ Staff , VAN NIEKERK , W_ Export Staff(1).jpg

W. van Niekerk

Gholforganiseerder

Algemene Assistente _ Support Staff , COETZEE , F_ Export Staff(1).jpg

F. Coetsee

Hengelorganiseerder

Personeel _ Staff , JORDAAN , A_ Export Staff(1).jpg

A. Jordaan

Jukskei-organiseerder

Personeel _ Staff , DAMES , R_ Export Staff(1).jpg

R. Dames

Rugby-organiseerder

Personeel _ Staff , FRONEMAN , M_ Export Staff(1).jpg

M. Froneman

Tennisorganiseerder

Sportdepartement

bottom of page